Now available here

Buy Now!

Why the book Boerejagters?

About the writer

GRAEME POLSON

Die skrywer is ‘n boorling van die Vrystaat, gebore in Kroonstad, word groot op ‘n plaas, woon ‘n plaasskool langs die Vetrivier by, voltooi sy Laerskool loopbaan by St. Helena Laerskool in die Welkom omgewing. Slaag matriek in die Hoërskool Parys. Verwerf die grade BA, LLB aan die Universiteit van Stellenbosch, hoër belasting diploma by die Universiteit van Witwatersrand en meestersgraad in Bank en Beursreg aan Universiteit van Johannesburg.Praktiseer as prokureur by Rooth en Wessels vir 47 jaar en praktiseer tans saam met sy seuns onder die naam Polson Regspraktyk.

The Reviews

  • "Baie soorte lesers sal beslis genot uit die boek put"

    Die boek dek ‘n wye veld benewens ‘n goed-nagevorste relaas van bekende jagters van Suid-Afrika oor drie eeue. Dit lewer ‘n verdienstelike bydrae tot die Afrikaanse literatuur in mooi suiwer Afrikaanse idioom.

    Ook nie-jagters kan die boek geniet vir sy wye oorsig van die land se geskiedenis, aardrykskunde verskeidenheid van streke en diereryk. Die vertellings oor die wildgetalle van die verlede, laat die leser met die besef van die noodsaaklikheid van natuurbewaring wat op elkeen se skouers rus, insluitend die huidige jagbedryf wat ‘n groot rol te speel het, om die uniekheid van ons land te behou. Die aanbieding van die boek is eersteklas in duidelike druk vir ouer oë!

    Baie soorte lesers sal beslis genot uit die boek put.

    -Louis Wessels

  • "ń Moet lees"

    Die internet bied ons deesdae soveel inligting dat mens mag voel asof jy bykans enige informasie maklik tot jou beskiking het – todat jy jou hande op ‘n besondere boek kan sit, dan besef ek hoe min inligting ek eindlik van die totale prentjie beskik het.
    “Boere-Jagters 1652-1960” is baie meer as net n boek oor jagters van weleer. Dit is vir my ‘n omvattende verwysings bron van die ‘evolusie’ van jag in Suidelike Afrika, gevul met konteks van die omgewing, fauna en flore, toerusting en omstandighede waarbinne die besondere mense gejag het.

    Ek beskou jag as deel van my erfinis, en is dankbaar dat ek na 40 jaar se jag, dié besondere boek kan lees om selfs nog meer waardeering te kry vir die voorreg wat my naby die natuur hou. Ek beskou werdlik dié boek as ‘n moet-lees vir elke jagter, ongeag van ondervinding of ouderdom.

    -Herman Fouché