Omtrent die Skrywer

Die skrywer is ‘n boorling van die Vrystaat, gebore in Kroonstad, word groot op ‘n plaas, woon ‘n plaasskool langs die Vetrivier by, voltooi sy Laerskool loopbaan by St. Helena Laerskool in die Welkom omgewing. Slaag matriek in die Hoërskool Parys. Verwerf die grade BA, LLB aan die Universiteit van Stellenbosch, hoër belasting diploma by die Universiteit van Witwatersrand en meestersgraad in Bank en Beursreg aan Universiteit van Johannesburg.
Praktiseer as prokureur by Rooth en Wessels vir 47 jaar en praktiseer tans saam met sy seuns onder die naam Polson Regspraktyk.